Wednesday, July 2, 2008

Botswana Jun/Jul '08

Wat 'n wonderlike uitreik!

Die Junie uitreik is gekenmerk aan sy gemaklike dae, en koue aande. Gelukkig was ons in Inalegolo geseënd met ryp vrye aande. Maar dit het ons nog steeds nie gestop om styf langs mekaar onder God se wonderlike ster kombers in te kruip nie.

Mafia om die vuur, en verrassings in ons jaffles het net gesorg vir die pret wat benodig word.

Die kinder bediening was ongelooflik. Die kindertjies het geleer om op hulle eie te bid en toe ons weg gaan het een van die dogtertjies selfs vir ons in die wonderlike Basarwa taal gebid. Wat 'n belewenis was dit nie gewees nie.

Judi, een van die spanlede het 'n uitsonderlike pragtige gedig vir ons geskryf, en ek sal dit later op die blog oplaai.

Elke Botswana - Inalegolo uitreik het sy eie probleme, vooruitsigte en herinneringe. Ons kan werklik net vir God dank dat alles heeltemal vlot verloop het. Dit wat elke spanlid terug gebring het huis toe sal vir nog 'n baie lang tyd saam met ons wees.

Vrede vir julle almal in Jesus!

Kan nie wag om my volgende Inalegolo post te maak nie, ek weet julle almal sal dit LOVE!

Mandus.

No comments: