Dag mense!
As jy sou wou bydrae tot die Botswana uitreik self, gebruik die bankbesonderhede:
Ds. BD Klut: Inalegolo
9093271655
ABSA Aucklandpark Spaar Rekening
335105
As jy wil bydrae tot Ds. Johannes Ramaifo se bediening en die groter prentjie van die Botswana uitreik wat Inalegolo, Phuduhudu en enige bou projekte insluit, gebruik die:
StudenteKerk Uitreiktrust
9099094960
ABSA Aucklandpark Spaar Rekening
335105
Thursday, August 28, 2008
Botswana September 2008
Ons is weer oppad Botswana toe! 29 Augustus tot 6 September, kort en kragtig!
Bid ASB vir ons, ons is 'n klein spannetjie, met bitter min ouens, so ons gaan almal gestretch word om goed te doen en meer te doen as wat ons gewoond aan is! Kleiner spanne beteken ook minder borge, so as jy dit op jou hart gedruk voel, sponsor ons so bietjie!
As jy wil saam gaan, is jy natuurlik welkom, laat weet ons net ASAP! As jy 'n bakkie het wat wil saam gaan, laat weet ons NOU!

Monday, August 4, 2008
Hier's die gedig, soos belowe, wat Judy in Junie geskryf het:
In die land van dooie sand, was elke sonopkoms soos die geboorte van klein bokkies. En ons moes Hope bring vir die wat kla, maar Hope se kindertjies het ons vinnig laat besef dat hulle nie die enigste is wat soos geel blommetjies kan groei nie. Inalegolo, Botswana Junie 2008 was reeds 'n bestaande hut waarin 17 sterre vir ongeveer 10 dae moes saambly.
Elke dag was soos om aan te sit by 'n feesmaal saam met al 16 van jou boeties en sussies. Sommige sterre was 'n ma gewees, ander, 'n pa en dan was daar ook 'n oupa . . . nie a.g.v. die jare nie, maar wysheid. 'n Klein boetie wat met lekkerte lag soos wanneer hy jou in sy taal sou spot of jou dalk sommer doop met een of ander superhero se naam. Die hoofman het ook kom aansit vir ete, terwyl een ster gedurig wou he almal moet rustig raak soos ons soggens met 'n blou/geel boekie sou sit. Dan was daar die wat 'n deal of twee sou maak vir 'n bietjie ekstra pap en daardie wat die potte kon skoonmaak vir, of 'n 1l melk, of 'n CHOMP. Nou en dan sou 'n mes of meer in die sand beland en 'n paar grappies soos sandklonte in die bos gegooi word. Maar die son trek water en gereeld was daar 'n draai gemaak by die Watertoring met lewende water. Die Allerhoogste van Inalegolo wat alles kan sien. Voor ons dan sou evuleer, was daar 'n pragtige sonsondergang as jy net in die diepte voor jou sou staar. Die groot en warm oranje bal wat deur soveel van ons vasgehou is, word vinnig vervang met die oranje Gees waarom almal sou sit vir 'n bietjie hitte. Dis nou koud en donker. Ideaal vir sterrekyk. Daar's baie. Elkeen uniek. En dis dan dat ek nie soos 'n reptiel my sterre dank vir dit wat ek het nie, maar eerder die Kindjie van die Betlehem ster vir die onvergeetlike feesmaal saam met ander sterre van die hemelruim wat self ook skitter. Wanneer almal dan op die dooie sand le en slaap is daar stilte. 'n Stilte dat jy selfs 'n briesie kan hoor. Amper die soort stilte wat daar was, nog voordat daar iets was. 'n Stilte waar selfs die maan se beweging gehoor word. Doodse stilte.
Ons gaan weer 29 Augustus tot 6 September Inalegolo toe, en hoop ook om 'n paar keer in Phuduhudu 'n draai te gaan maak. Miriam, een van die tolke wat 'n paar jaar terug saam gegaan het, gaan weer saam. Sy's intussen getroud en het 'n babadogtertjie gekry, wie ook gaan saam gaan.
Die kerkgronde is gedurende die vorige uitreik oorgeteken van die Luterse kerk na die NG kerk van Botswana, en ons hoop ook in die vervolg nouer met hulle saam te werk. Ds Johannes Wessels het ook 'n blog by http://morutijo.blogspot.com/, gaan lees gerus meer van hulle werk daar!
Op die lang termyn, borg ons nog kort kort vir Ds. Johannes Ramaifo om hom te help met petrol sodat hy by Inalegolo kan uitkom, en ons kyk na 'n paar klein projekte om die kerkie bietjie meer leefbaar te maak. Ons wil 'n selfoon torinkie opsit sodat ons nie meer hoef watertoring toe te ry vir sein nie, en ook twee beddens invat waarop tydelike besoekers kan slaap. Ons het sommer gedink ons gaan beddens soos die koshuis beddens invat. Hulle's lekker sterk, en kan klein oppak.
As enige iemand nog idees het oor wat mens kan doen om die kerkie op te knap, laat weet gerus!

Wednesday, July 2, 2008
Botswana Jun/Jul '08
Wat 'n wonderlike uitreik!
Die Junie uitreik is gekenmerk aan sy gemaklike dae, en koue aande. Gelukkig was ons in Inalegolo geseënd met ryp vrye aande. Maar dit het ons nog steeds nie gestop om styf langs mekaar onder God se wonderlike ster kombers in te kruip nie.
Mafia om die vuur, en verrassings in ons jaffles het net gesorg vir die pret wat benodig word.
Die kinder bediening was ongelooflik. Die kindertjies het geleer om op hulle eie te bid en toe ons weg gaan het een van die dogtertjies selfs vir ons in die wonderlike Basarwa taal gebid. Wat 'n belewenis was dit nie gewees nie.
Judi, een van die spanlede het 'n uitsonderlike pragtige gedig vir ons geskryf, en ek sal dit later op die blog oplaai.
Elke Botswana - Inalegolo uitreik het sy eie probleme, vooruitsigte en herinneringe. Ons kan werklik net vir God dank dat alles heeltemal vlot verloop het. Dit wat elke spanlid terug gebring het huis toe sal vir nog 'n baie lang tyd saam met ons wees.
Vrede vir julle almal in Jesus!
Kan nie wag om my volgende Inalegolo post te maak nie, ek weet julle almal sal dit LOVE!
Mandus.

Thursday, February 28, 2008
Botswana, April 2008
Hey Hey Hey!
Dis weer sulke tyd, en die studente slaan behoorlik vuis oor wie die gelukkige klomp gaan wees wat Inalegolo toe kan gaan.
Skip en Bunion is ons trotse leiers, en hulle sal ons van 20 Maart - 1 April lei in die warm son en sand van die Botswana bosveld.
Vir die van julle wat nog nie op 'n Botswana uitreik was nie, daar is nog 'n paar plekke oop, so kontak asb. vir Skip op 082 639 0995.
Die kostes beloop rondom R600.00, maar mense. Dit is well worth it...

Subscribe to:
Comments (Atom)