Ons het soos gewoonlik die Vrydag bymekaar gekom by die Melville Kruisgemeente kerkgebou, en daar gepak, gebraai en net lekker gebond as span. Ons het vir 'n slag meer as genoeg pakplek gehad: Twee bakkies en drie trailers, so ons kon lekker gemaklik pak en sit deur die hele trip.
Ons het Saterdag oggend so half 4 uiteindelik weggetrek, en ons was oppad Inalegolo toe! God het ons geseën met 'n ongelooflike voorspoedige rit, soveel so dat ons sommer vroeg vroeg al op Inalegolo kon aankom. Die ouens het vinnig vinnig die plonsput en asgat gegrawe, en ook die skuiling opsit, terwyl die girls die kombuis skoon gemaak het, en all around ondersteuning gegee het.
Ons het die Sondag bietjie laat geslaap, ons eerste erediens in Inalegolo gehad, en toe verder die dag opeleiding gegee in hoe ons te werk gaan in Inalegolo, onder andere die kinderprogram, getuienis by die huttebesoek en pap en sous maak vir die kinders. Van die Maandag af het ons elke dag 2 kinder programme gehad, die mense van Inalegolo, spesifiek leiersfigure in die gemeenskap, besoek, en in die middae met die kinders gespeel en pap uitgedeel. Van Athletes in Action se Atlete het ook laatmiddag soccer training met van die dorp se sokkerspanne gedoen, waarby hulle ook telkens kans gehad het om die evangelie te deel.
AIA het ook gehelp met die kinderspan, waar ons Kids Games aangebied het elke dag om die boodskap bietjie meer prakties te maak. Die week se program was gebaseer op Josef se lewe, en, al hoewel dit soms soos chaos gelyk het en meeste van die tyd was, kon mens sien dat die kinders die ander aanslag geniet het, en dat dit ook 'n verskil in hulle lewens gemaak het.
Ons het twee keer die Jesus film gewys - die Dinsdag in Inalegolo, en die Donderdag in Phuduhudu. God het altwee geleenthede kragtig gebruik om die mense se oë oop te maak vir beide Sy krag en Sy liefde. Na die film het ons vir baie mense van beide die gemeenskappe gebid vir fisiese sowel as geestelike geneesing.
Die rit terug was net so voorspoedig as die rit soontoe, en ons het met 'n swaar harte en vuil lywe uit mekaar uit gegaan.
No comments:
Post a Comment