Thursday, August 30, 2007

Good morning Inalegolo!

Met die nuwe ontwikkelinge in Inalegolo, onder andere Ds. Johannes Ramaifa wat hopelik meer permanent daar gaan begin werk, het ons besluit om die blog te begin om mense ingelig te hou oor wat daar aangaan.

Ons sal mettertyd meer inligting oor Ds. Johannes post vir die wat meer wil weet, en ook terugvoer gee oor wat daar gebeur.

Vir nou kan ons sê dat ons more weer bymekaar kom om vir 'n week in Inalegolo te gaan werk. Vir die eerste keer in jare doen ons iets anders as net die gewone hutbesoek en kinderprogram: In samewerking met Athletes in Action gaan ons Kids Games inwerk by die kinderprogramme, en sokker training gee en daardeur evangelisasie werk doen met van die ouer ouens in die gemeenskap. Ons vat ook 'n generator en projektor saam om die Jesus film vir die gemeenskap te wys.

Bid saam met ons vir die gemeenskap en vir ons werk daar, dat God se wil sal geskied, en vir ons veiligheid daar en op die pad.

Wees geseën!